Andromeda (sterrebeeld)

Andromeda
Latynse naam Andromeda
Genitief Andromedae
Afkorting And
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 0h 47m
Deklinasie +37º
Grootte 722 vk. grade (19de)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 16
Helderste ster Alpha Andromedae (Alpheratz)
Naaste ster Ross 248
Sterre helderder as 3 m 3
Sterre met planete 10
Messier-voorwerpe 3
Bayer-/Flamsteed-sterre 65
Simboliek Prinses, Griekse mitologie
Meteoorreëns 1
Aangrensende sterrebeelde
Perseus, Kassiopeia, Akkedis, Vlieënde Perd, Visse, Suidelike Driehoek
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Johannes Hevelius se uitbeelding van Andromeda, uit die 1690-uitgawe van sy Uranographia. Soos die gebruik destyds vir ruimte-atlasse was, is die sterrebeeld ’n spieëlbeeld van moderne kaarte omdat dit geteken is uit ’n perpektief van buite die hemelsfeer.

Andromeda (ook die Latynse naam) is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit is noord van die hemelewenaar geleë en is genoem na die prinses in die Griekse mite van Perseus wat aan ’n rots vasgeketting is sodat ’n seemonster haar kon eet.

Die sterrebeeld is die sigbaarste in die Noordelike Halfrond saam met ander sterrebeelde wat na karakters in die Perseus-verhaal genoem is. Dit is net sigbaar tot 40° suid; vir waarnemers verder suid is dit onder die horison.

Andromeda is een van die grootste sterrebeelde, met ’n grootte van 722 vierkante grade. Dit is 1 400 keer so groot soos die volmaan en sowat tien keer so groot soos die kleinste sterrebeeld, die Suiderkruis.

Dit bevat ook die Andromeda-sterrestelsel (M31), die naaste spiraalsterrestelsel aan die Melkweg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne